Jy sal hierdeur kom

Dinsdag 10 April.2017 Tema: Jy sal hierdeur kom 2

**** My eie woorde

**** Goeiemôre almal. Het jy al gevoel dat jy nou die bodem van ’n put bereik het. Jy voel soos Josef toe sy broers hom in ’n put gegooi het. Jy voel dat jy hier in die put gaan sit en doodgaan, want niemand weet eers dat jy in die diep donker gat sit nie.   Tog wanneer ons opkyk net soos Josef in die put, is daar vêr bo ’n lig wat skyn. Daardie lig wat sê jy sal hierdie toets slaag jy sal hierdeur kom. Jy het gedink dat die HERE jou stoksielalleen gelaat het – Hy het nie. Isak trek weg na Berséba en daardie nag verskyn die HERE aan hom  en bemoedig hom. Dit is ook my en jou blye versekering vandag dat daardie selfde onveranderlike God met jou en my praat waar Hy sê: Moenie bang wees nie, want Ek is met jou

Gen 26:24  En die HERE het aan hom in dieselfde nag verskyn en gesê: Ek is die God van Abraham, jou vader. Moenie bang wees nie, want Ek is met jou; en Ek sal jou seën en jou nageslag vermeerder ter wille van Abraham, my kneg.

Joh_8:12  En Jesus het weer met hulle gespreek en gesê: Ek is die lig van die wêreld; wie My volg, sal sekerlik nie in die duisternis wandel nie, maar sal die lig van die lewe hê.

Joh 14:27  Vrede laat Ek vir julle na, my vrede gee Ek aan julle; nie soos die wêreld gee, gee Ek aan julle nie. Laat julle hart nie ontsteld word en bang wees nie.

GEBED vir VANDAG

Onse Vader help my om te besef U is die lig in my lewe juis wanneer dit donker lyk. U het die krag en mag om my uit my put te haal. Vul my vandag met U vrede in die dolle gejaag van die lewe.

In Jesus se Naam vra ons dit .Amen

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

Geseënde daggie aan julle almal

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 157 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *