Jy sal hierdeur kom 3

Woensdag 11 April 2018 Tema: Jy sal hierdeur kom 3

**** My eie woorde

**** Ons lewe in ’n kits era. Ons is altyd haastig en vol ongeduld. Ek staan in ’n ry op elke plek waar ek gaan vandag. Ek raak  ongeduldig vir die karwag wat sy sente uittel vir ’n eet dingetjie. Die tegnologie dryf my teen die mure uit …alles gaan vinniger vinniger …… my probleme het nou dadelik antwoorde nodig nie môre of oormôre nie. Dan hoor jy God se stem en Sy hand op jou skouer wat sê: “Wees stil en wag” Ja maar ……”Wees stil en wag en jy sal sien. Josef sit in die tronk en lê drome uit. Albei word waar en dan wag hy, want een het belowe hy sal hom onthou. Drie dae …twee weke …twee maande ’n jaar  ….. maar God se tyd is eers twee jaar later. Hoe lank wag jy al ? Josef se drome as tiener seun word eers vervul toe hy 30 jaar oud is …13 jaar nadat hy as slaaf verkoop is. Hoe lank bid jy al? Moenie opgee nie God is juis besig om aan jou saak te werk wanneer jy dink Hy is stil. Hou in geloof vas moenie opgee nie. God se tyd is anders as my en jou tyd.

Gen 40:23  En die voorman van die skinkers het nie aan Josef gedink nie, maar hom vergeet.

Gen 41:1  Ná verloop van twee volle jare het Farao gedroom dat hy by die Nyl staan;

Gen 41:14  Toe laat Farao Josef roep, en hulle het hom gou uit die gevangenis uitgehaal, en hy het hom geskeer en ander klere aangetrek; en hy het by Farao gekom.

Jes. 30:15  Want so sê die Here HERE, die Heilige van Israel: In terugkeer en rus lê julle heil, in stil wees en vertroue bestaan julle krag; maar julle wou nie

Ps 130:7  Wag op die HERE, o Israel! want by die HERE is die goedertierenheid, en by Hom is daar veel verlossing;

GEBED vir VANDAG

Onse Vader groot en Heilig is U naam. Ons bely dat ons so haastig kan raak wanneer ons nie dadelik antwoorde kry nie. Ons hou op met bid as U nie antwoord soos ons dink nie. Vader ek word stil voor U vandag en in geloof wag ek op U, want ek weet U tyd is nie my tyd nie en uiteindelik gee U net wat die beste is. In Jesus Naam vra ons dit  .Amen    Geseënde daggie vir almal

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 79 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *