Tema: 1 Wag ’n bietjie

Maandag 16 April.2017 Tema: 1 Wag ’n bietjie

**** My eie woorde

**** Goeiemôre almal. Ons in Suid-Arika het seker al gehoor van die Wag ’n Bietjie-bos. Dis ’n blinkblaarboom en op die jong hout is daar gewoonlik aan weerskante van die blaarsteel ’n paar baie skerp dorings, die een krom en die ander reguit. Wanneer jy jou hand na die blare of vruggies uitsteek en die doring haak jou moet jy stilstaan en dit versigtig losmaak. So kom die HERE dikwels in ons lewens en bring ons vir ’n oomblik tot stilstand.  Dit is seker een van die moeilikste dinge vir ons as mens om te doen en dit is om te wag. Tog wil ek julle verseker dat die Here juis vir ons sê dat ons moet wag omdat Hy ons geloof so versterk. Ek het geleer in my lewe die Here se uitkoms is op nr. 99,99 juis wanneer dit onmoontlik lyk  DAN gryp Hy in, juis omdat ons so dikwels self ingryp en met Sy Eer wil wegstap. Aan Hom alleen kom al die Eer en lof toe!

Totius skryf

“Bo al u donker bome, o Heer,
groei my ’n enk’le reusboom uit
dit is die wag-’n-bietjie-bos
van u besluit.”

Ps 27: 11 HERE, leer my u weg en lei my op ‘n gelyk pad, vanweë my vyande.   12  Gee my nie oor aan die begeerte van my teëstanders  nie, want valse getuies het teen my opgestaan, en hy wat  geweld uitblaas. 13  o, As ek nie geglo het dat ek die goedheid van die HERE  sal sien in die land van die lewendes nie….14  Wag op die Here! Wees sterk en laat jou hart sterk  wees! Ja, wag op die HERE!

GEBED vir VANDAG (A)

Onse Vader help ons om geduldig op U te wag in elke saak. Maak ons vol moed en sterk om U hand raak te sien in ons lewens. Ek bid vanmôre vir elke persoon wie se naam met die letter A begin op ons poslys. Mag hulle U teenwoordigheid in hulle lewens ervaar vandag, In Jesus Naam .Amen Geseënde dag en week vir julle almal.

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

 

gebed.asseblief@gmail.com  

 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 135 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *