DIDDLE DADDLE POPCORN

Ilana

Bestanddele
2 eetlepels botter
375 g bruinsuiker
6 eetlepels water
6 koppies springmielies

Metode
Voer ‘n bakplaat uit met foelie.
Smelt botter oor medium hitte en voeg die suiker en water by.
Roer voortdurend totdat die suiker opgelos is, bring die mengsel tot kookpunt.
Bedek en kook vir sowat 3 minute.
Daar sal op hierdie stadium geen suiker kristalle aan die kant van die pot wees nie. Moenie roer nie.
Om te toets of die stroop gereed is, drup ‘n bietjie van die mengsel in koue water en dit moet dadelik ‘n bal vorm.
Indien nie, kook vir nog ‘n minuut of 2.
Verwyder uit die hitte, voeg die springmielies by en roer liggies tot alles bedek is.
Giet uit op ‘n bakplaat en skei wanneer koel genoeg om te hanteer.
Geniet

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 261 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *