Jy sal hierdeur kom…1

Maandag 9 April.2017 Tema: Jy sal hierdeur kom…1

**** My eie woorde

**** Goeiemôre almal. Welkom terug aan die wat kon wegbreek. Ek het die formaat van my boodskap bietjie verander. Ek haal die verjaarsdae uit en vervang dit met ’n kort gebed wat by die tema pas.  Vanoggend se boodskap stuur ek spesiaal vir almal wat vandag weer terug is by die werk en wat die  storms van die lewe moet trotseer.  Ek weet dit sluit omtrent elkeen van ons  in . Wie is daar wat kan sê alles gaan net altyd goed. Ons bly wel positief en ons hanteer dinge verskillend maar ons almal word aangeval van alle kante. Die Bybel sê mos die duiwel is soos ’n brullende leeu. Soms word jy platgeslaan en jy weet nie hoe jy deur jou situasie gaan kom nie. Vanoggend wil ek jou daardie blye versekering gee, jy sal daardeur kom.  Daardie krisis, daardie donkerheid, daardie pyn, daardie onsekerheid. Onthou met die HERE aan jou sy sal jy daardeur kom. Jou krisis nou word jou getuienis môre. Hou vandag daaraan vas . Wanneer dinge vandag en die week rof gaan onthou gerus hierdie woorde van Jesaja en as dit te lank is, onthou net een sinnetjie.

Jes. 43:2  As jy deur die water gaan, is Ek by jou; en deur die riviere—hulle sal jou nie oorstroom nie; as jy deur vuur gaan, sal jy jou nie skroei nie, en die vlam sal jou nie brand nie. V3  Want Ek is die HERE, jou God, die Heilige van Israel, jou Heiland; Ek het Egipte gegee as losprys vir jou, Kus en Seba in jou plek. V4  Omdat jy kostelik is in my oë, hooggeag is, en Ek jou lief het, daarom gee Ek mense in jou plek en volke vir jou lewe. V5  Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou;

GEBED vir VANDAG

Onse Vader help my om vandag te onthou ek hoef niks te vrees nie, want U belowe in U woord U is met my . Hou my vas vandag en laat U wil geskied . In Jesus Naam .Amen

Geseënde daggie en week vir julle almal

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 79 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *