Knoffel-Pizza Brood

1 Pakkie gekoopte deeg of maak jou eie

500g witbroodmeel
10ml suiker
10ml sout
12,5ml kitssuurdeeg
25ml botter of margarien
300-325ml koue water

BOLAAG
125g sagte botter
2 knoffelhuisies, gekneus
15ml gekapte vars pietersielie

Meng die broodmeel, suiker, sout en suurdeeg saam in ‘n mengbak.
Smelt botter of margarien, voeg water by en roer by droë bestanddele.
Meng om sagte deeg te verkry.
(Indien deeg te styf is, voeg nog ‘n bietjie water by.)
Knie 10 minute lank tot glad.
Rol uit om in ronde vorm van sowat 25 cm te pas.
‘n Ysterpot is baie geskik. Bedek met gesmeerde kleefplastiek en laat rys tot grootte verdubbel het.
Meng botter, knoffel en pietersielie.
Smeer helfte daarvan oor deeg. Bedek en bak 45-50 minute lank tot gaar oor kole.
Smeer res van bottermengsel oor pizzabrood en laat in deeg intrek.
Lewer 10-12 porsies.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 420 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *