MAALVLEIS-BROOD-EN- BOTTER-GEBAK

Bestanddele
12,5ml kookolie
1 ui gekap
500g maer maalvleis
45ml tamatiepuree
15ml bladjang
1 pakkie sampioenroomsoppoeier
250ml water
20ml suiker
sout en peper na smaak
8ml droe gemengde kruie
30ml botter of margarine
30ml koekmeel
300ml melk
250ml gerasperde cheddarkaas
12 dik snye brood- korsies verwyder en in driehoeke gesny of 1 franse brood in dik snye

Metode
Verhit oond tot 180C. Verhit olie, en braai ui daarin tot ligbruin. Voeg maalvleis by en braai tot gaar en los van mekaar. Meng die soppoeier met 250ml water. Voeg dit saam met die tamatiepuree, bladjang. suiker, sout, peper en kruie by die maalvleis en prut vir 10 minute. Maak ‘n witsous van die botter of margarien, koekmeel en melk. Skep die helfte van die maalvleis onder in gesmeerde oondbak. Pak ‘n ry brood sodat die kante van die brood oorvleuel bo-op die vleis. Skep bietjie maalvleis in die spasies wat dit vorm. Herhaal die proses

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 546 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *