Slaphakskeentjies ~ Grootmaat

Jan van Niekerk

Lewer 20 porsies

1,5 kg Klein uitjies, skoongemaak
2 Ekstra groot eiers
30 ml Suiker
30 ml Druiweasyn
30 ml Water

Sous:
Klits die eiers en voeg die suiker by. Klits die druiweasyn en water by. Kook die mengsel op lae hitte in ‘n dubbel kastrol oor water tot dti begin dik word.

Metode:
Kook 2 Liter water met 5 ml sout in. Dompel die uitjies daarin en kook vir 13 minute. Gooi die water af. Giet die sous oor die uie en laat afkoel. Bedien koud. Die uieslaai is lekker saam met enige gereg of braai. Lewer 20 porsies.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 503 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *