SUURLEMOEN MARMELADE
Sny so 4 suurlemoene baie fyn……
kook dit dan sag met so 6 koppies water …..
Dan het jy ongeveer 6 koppies suurlemoen moes……
gooi dan 6 koppies suiker by en kook so ongeveer 2 ure …..kyk maar as jou jam sulke blink borreltjies maak ……..
Toets dit op n koue piering.
As dit lekker stol…..is dit reg ……
Bottel warm
Resep: Marie JV Rensburg
Foto: Alma Bredenkamp Meyer
SUURLEMOEN MARMELADE Resep 2
Ek het verlede week marmelade gemaak. Baie lekker.
Vir elke 1kg suurlemoene, gebruik jy 1,25kg suiker, en 1,5l water.
Halveer die suurlemoene, en druk die sap uit.
Hou die sap eenkant.
Skil die uitgedrukte stukkies, en sny die skil in repies.
Gooi die repies, sap, suiker, water in pot, en kook op lae hitte.
Sodra die meeste water weg gekook het, verlaag die hitte.
Toets die sap, as reg is bottel in warm vlesse.
Ek het twee 400gr vlesse uit die 1kg gekry.
Resep: Sarel Lacante
Bron: bottelenbere.weebly.com