TUNATERT

Rika Theron 
(Maak gerus want dit is baie lekker)

Bestanddele
1 groot pak kaas-en-uieskyfies, fyngedruk,
1 blik tuna in water, gedreineer,
1 groot ui, gekap en bruin gebraai,
1 blik sampioenroomsop,
4 eiers, geklits,
sout & peper,
250 ml gerasperde kaas.

Metode
Stel oond op 180*C.  Smeer ‘n ronde of vierkantige glasbak.  Meng al die bestanddele behalwe kaas en skep in bak.  Strooi kaas bo-oor en bak 30 – 40 minute tot mengsel gestol het en tert mooi bruin is.

 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,332 times, 1 visits today)
Advertisements

One thought on “TUNATERT”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *