Twee Mate Koekies

2 kop. suiker
250gram botter of margarine
2 eiers
2 groot eetlepels grondboontjiebotter
2 gelyk teelepel koeksoda (opgelos in bietjie melk)
1 teelepel sout
2 kop. Post Toasties
2 kop. hawermout
2 kop. klapper
2 kop. meelblom
2 gelyk teelepel bakpoeier
1 teelepel vanieljegeursel

Meng droë bestanddele.
Meng botter, eiers en grondboontjiebotter.
Klits.
Meng nou alles bymekaar.
Maak balletjies en bak in ‘n matige oond tot gaar. (180C)
Breek een oop indien jy nie seker is dit is gaar nie.

Bron:  TANT RACHIE PIENAAR, COLESBERG

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 457 times, 1 visits today)
Advertisements

2 thoughts on “Twee Mate Koekies”

  1. Hierdie koekies is baie lekker vullend. Ek gryp sommer tweet in die loop in die oggende as ek haastig is. Is egter a missie om balletjies te rol. As men’s dit opweeg teen die gemak van breakfast on the go, dan wen laasgenoemde verseker. Dankie vir die resep.
    Liana

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *