Waters wat oorweldig 1

Maandag 28 Mei.2018 Tema: Waters wat oorweldig 1

**** My eie woorde

****Hoeveel keer het ek en jy al die Skeppingsverhaal gelees. Vanmôre sien ek weer die groot les daarin. In die Skeppingsverhaal was die waters diep en donker totdat God se Gees daaroor gesweef het, toe breek die lig deur. Net so in die donker waters van jou lewe sal die lig deurbreek indien jy die Gees van God in jou lewe toelaat.  Hy sien en weet alles van jou diep donker waters. Tweedens die lig van Jesus Christus verdryf die duisternis en skyn in jou donker belewenis in, omdat donkerte nie in Sy teenwoordigheid kan bestaan nie want Hy is die lig van die wêreld

Gen.1:1 (NV) In die begin het God die hemel en die aarde geskep.  V2 Die aarde was heeltemal onbewoonbaar, dit was donker op die diep waters, maar die Gees van God het oor die waters gesweef.  V3 Toe het God gesê: “Laat daar lig wees!” En daar was lig.

Joh 1:2 Hy was reeds in die begin by God.  V3 Alles het deur Hom tot stand gekom: ja, nie ‘n enkele ding wat bestaan, het sonder Hom tot stand gekom nie.  V4 In Hom was daar lewe, en dié lewe was die lig vir die mense. V5 die lig skyn in die duisternis, die duisternis kon dit nie uitdoof nie.

Joh 8:12  En Jesus het weer met hulle gespreek en gesê: Ek is die lig van die wêreld; wie My volg, sal sekerlik nie in die duisternis wandel nie, maar sal die lig van die lewe hê.

GEBED vir VANDAG -F

Onse Vader baie dankie vir ’n nuwe week met nuwe uitdagings maar ook met daardie blye versekering dat U lig hierdie week in ons donker waters sal deurbreek omdat U die lig is . Ek bid vanmôre vir elkeen onder die letter F  U ken hulle elkeen by die naam en U weet waardeur diegene moet gaan die week . Mag hulle opnuut bewus word dat U lig in hulle harte skyn vandag.

In Jesus se Naam Amen

**** Geseënde daggie en week vir elkeen.

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 65 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *