GEBAKTE KAKAOPOEDING

Anna Eksteen

Die lekker sousie onderin maak eintlik die poeding!

Bestanddele
60ml botter, gesmelt                                                     
185ml suiker
1 eier, geklits
5ml vanielje
250ml koekmeel
30ml kakao
‘n knippie sout 
10ml bakpoeier
185ml melk

SOUS
125ml sagte bruinsuiker gemeng met, 30ml kakao en 400ml swart koffie

Metode
Stel oond op 180C. Meng botter en suiker saam. Voeg geklitste eier en dan geursel by. Sif droë bestanddele saam en voeg dit beurtelings met melk by bottermengsel. Skep in gesmeerde bak. Sprinkel die bruinsuiker en kakao oor, giet die swart koffie versigtig oor en bak vir sowat 30 minute tot gaar. Geniet warm, of louwarm, met vla of room.

WENK
Sorg dat die vloeistof die deeglaag bedek.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 257 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *