GEBAKTE SALAMIGEREG

Rika Theron
(6 porsies)

Beshonderhede
3 snye witbrood, korsies verwyder,
750 ml melk,
4 eiers, geskei,
15 ml uie, opgekap,
400 g salamiskywe, in kwarte gesny,
125 g spekvleis, gesnipper, swoerd verwyder,
250 ml gerasperde kaas,
sout & peper,
5 ml gerasperde suurlemoenskil,
5 ml paprika.

Metode
Kook brood en melk saam. Verwyder van hitte. Klop eiergele effens en roer by melk. Meng salami, spekvleis en kaas. Voeg by melkmengsel. Geur. Klop eierwitte styf en voeg skil by. Vou in by melkmengsel. Skep in gesmeerde pan. Bak 45 min. (180°C). Bedien met volkoringbrood en mengelslaai.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 111 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *