HAM- EN PIESANGGEBAK

Rika Theron
(4 – 6 porsies)

Bestanddele
6 – 8 plat dun skywe ham,
20 ml aangemaakte mosterd,
6 – 8 ryp piesangs,
15 ml botter,
15 ml koekmeel,
150 ml warm melk,
sout & peper,
30 ml gerasperde kaas,
125 ml sagte broodkrummels,
10 ml ekstra botter,
3 ml gemengde droë kruie,
3 ml paprika.

Metode
Smeer hamskywe aan een kant met mosterd. Rol ‘n piesang in elke hamskyf toe en steek vas met ‘n stokkie. Plaas in oondskottel. Smelt botter in kastrol, voeg meel by en roer tot dit begin verkleur. Voeg warm melk geleidelik by en klop aanhoudend tot sous glad en dik is. Geur met sout & peper en roer kaas daarin. Skep oor ham. Meng broodkrummels, ekstra botter, kruie, paprika en skep bo-oor. Bak 20 – 25 min. (180°C)

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 100 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *