Ken ek Hom 3

Woensdag  Mei 2018 Tema: Ken ek Hom 3

**** My eie woorde

**** So dikwels hoor ek mense sê die God van die ou Testament is die streng en kwaai God -met alle respek gesê, maar Christus is die een met Genade en liefde. Jy sien Christus het juis gekom om ons te kom wys hoe groot en liefdevol die Vader is. Hy is juis die uitbeelding van die Vader se liefde in die praktyk. Immers sê die Woord dat God die wêreld so liefgehad het dat Hy Sy enigste Seun gestuur het. Kom ons kyk wat het Jesus self gesê

Joh. 14:7  As julle My geken het, sou julle my Vader ook geken het, en van nou af ken julle Hom en het julle Hom gesien.8  Filippus sê vir Hom: Here, toon ons die Vader, en dit is vir ons genoeg.9  Jesus sê vir hom: Ek is so lankal by julle, en het jy My nie geken nie, Filippus? Hy wat My gesien het, het die Vader gesien. En hoe sê jy: Toon ons die Vader?

Kol.1:15  Hy is die Beeld van die onsienlike God, die Eersgeborene van die hele skepping;

Joh_12:45  En wie My aanskou, aanskou Hom wat My gestuur het.

Heb.1:3  Hy, wat die afskynsel is van Sy heerlikheid en die afdruksel van Sy wese en alle dinge dra deur die woord van Sy krag, nadat Hy deur Homself die reiniging van ons sondes bewerk het, het gaan sit aan die regterhand van die Majesteit in die hoogte.

**** Hoe kan ek en jy Hom dan werklik leer ken, deur Sy Woord en deur met Hom te praat en dan om te luister en te gehoorsaam.

GEBED vir VANDAG C

Onse Vader so baie dankie dat ons U foto in Jesus kan sien. Help ons om te besef dat U juis U Seun gestuur het om te kom soek en te red wie verlore is. Ek bid vanmôre vir elkeen onder die letter C , wil U vanmôre daardie persone bewus maak van U omgee en U teenwoordigheid waar hulle mag gaan vandag. In Jesus se naam vra ons dit. Amen.

**** Geseënde daggie vir elkeen.

GETUIENISSE en TERUGVOER

C getuig :

Ek wil net my dankbaarheid aan die Here betoon omdat Hy lewe. My dogter word swanger in hierdie jaar en so op 18/20 weke kry sy die virus Rubella ( Duitse masels) en soos ons weet kan daar baie dinge verkeerd gaan met die swangerskap. Na elke besoek by die ginekoloog was daar negatiewe uitsprake soos baba kan blind of doof wees, hartafwykings, misvorming en ag sommer al wat kan verkeerd gaan het hulle genoem, maar ek dink toe so, ek sal nie al die negatiewe uitsprake vat nie en ons begin bid ek het dag en nag voor God gestaan en gepleit vir genade ek het elke oggend ‘n “declaration” gemaak dat die kind gesond en volmaak in sy moederskoot is, en net so ‘n maand voor die bevalling sien die ginekoloog dat die regterkantste  nier groter is as die linker nier. My dogter is teen die grond, sy het so baie gehuil in die tyd maar ek sê ons vertrou die HERE, al lyk dit of dinge op sy donkerste is en so word ons baba gebore sprankelend gesond en kom sommer met n groot gehuil in die lewe, daar is niks verkeerd met hom nie dit is wat die Here kan doen ons moet net aan Hom vashou ons Anker en vertrou en hoop in ons lewende God Hy het aan ons bewys ,maak nie saak wat die dokters sê nie, die Here het die laaste sê in ‘n saak Al die eer lof prys en aanbidding aan die Here van die Leërskare Amen

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 108 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *