Ken jy Hom 4

Donderdag 24 Mei 2018 Tema: Ken jy Hom 4

**** My eie woorde

**** Diere is so ’n mooi voorbeeld om na jou stem te luister. Geen wonder dat Jesus juis diere as voorbeeld gebruik het toe Hy daaroor gepraat het nie. Dan gee die Bybel die interessante inligting dat daar mense is wat nie die Gees van die waarheid kan ontvang nie, juis omdat hulle Hom nie ken nie.  Wat ‘n voorreg dat ons wel  Sy stem kan ken en Hom so kan volg. So dikwels deur die dag praat die HERE met ons in ons gedagtes, ons moet net leer om te luister en te gehoorsaam. Onthou hoe meer ek en jy gehoorsaam hoe meer ontvang ons. Dit werk met ons en ons kinders mos ook so. Hoe meer jy hulle kan vertrou hoe meer laat jy toe. Mag ons ore vandag oop wees vir Sy stem sodat Hy ons meer kan gebruik. Dit maak nie saak hoeveel talente jy ontvang het nie, wat saak maak is wat doen ek en jy met die talent wat ons wel ontvang het, want dit bepaal of ons vertrou kan word.

Joh. 14 16  En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle ‘n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid: 17 die Gees van die waarheid wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie; maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees.

Joh.10:4  En wanneer hy sy eie skape uitgebring het, loop hy voor hulle uit; en die skape volg hom, omdat hulle sy stem ken.

Joh.10:27  My skape luister na my stem, en Ek ken hulle, en hulle volg My.

Ps 23:1 Die HERE is my herder; niks sal my ontbreek nie.

GEBED vir VANDAG D

Onse Vader baie baie dankie dat U ons Herder is ja die enigste ware Herder wat omgee vir Sy skape. Help my en elkeen hier vandag om nie net U stem te hoor nie, maar om te luister en te gehoorsaam sodat ons U beter kan leer ken. Ek bid vanmôre vir elkeen onder die letter D. Ek ervaar dat hulle vandag ’n dubbele mate van U wysheid en insig nodig het. Ek bid dat U hulle vandag sal seën met krag van omhoog wat ook al op hulle pad mag kom. In Jesus se naam. Amen

**** Geseënde daggie vir elkeen

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 66 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *