Ken jy Hom 5

Vrydag 25 Mei 2018 Tema: Ken jy Hom 5

****My eie woorde

****Daar is ‘n advertensie wat lui “ the ultimate test” Vandag se teks is so ‘n toets. Hoe kan ek WEET en toets dat ek God ken??? Die Woord sê daar is vele wat sê hulle ken Hom …kyk maar na ons land en sy mense. God het die volk Israel keer op keer gestraf juis omdat hulle Sy wet vertrap het. Toe Jesus kom, kom vervul Hy juis die seremonies van lammetjies slag want Hy was en is die volmaakte Lam. Kyk die prag teks waar Jesus met die dissipels praat en sê wie Sy gebooie HET én die BEWAAR sê juis daardeur dat ons Hom lief het. Onthou die Wet red ons nie, dit wys ons net wat is sonde. Jesus Christus is ons enigste Verlosser, Immanuel, God met ons.

1Joh 2V3   En hieraan weet ons dat ons Hom ken: as ons sy gebooie bewaar. 4  Hy wat sê: Ek ken Hom, en sy gebooie nie bewaar nie, is ‘n leuenaar en in hom is die waarheid nie.

Jak. 4:4  Egbrekers en egbreeksters, weet julle nie dat die vriendskap van die wêreld vyandskap teen God is nie? Wie dan ‘n vriend van die wêreld wil wees, word ‘n vyand van God.

Joh. 14:21  Wie my gebooie het en dié bewaar, dit is hy wat My liefhet; en wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ek sal hom liefhê en My aan hom openbaar.

GEBED vir VANDAG  E

Onse Vader, Skepper God van die hemel en die aarde, grote en gedugte God, U wat alsiende en alwetend is, hoor die pleit stem van ons harte vanmôre  en luister na ons gebed. Ons almal staan skuldig in hierdie land in ons huise en as enkelinge. Ons het baie verkeerd gedoen en het U gebooie vertrap. Vanmôre tree ek in vir hierdie land en al ons mense en vra wees ons genadig. Vergewe wat ons teen U gedoen het en help ons om opnuut in U voetstappe te volg. Ek bid dan spesiaal vanmôre vir elkeen onder die letter E manne en vroue wat vanmôre U so nodig het op watter manier ook al. Wil U vanmôre ’n wyle by hulle elkeen stilstaan en hulle net so drukkie van U liefde gee. Ek vra dit in Jesus se Naam Amen.

**** Geseënde naweek, tot Maandag as ons gespaar bly.

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 111 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *