MAAK JOU EIE KERRIE POEIER

Lynette Muller

“Meeste mense sal saamstem dat as jy eers jou eie kerrie mengsel gemaak het, jy nie sommer weer ‘n boksie kerrie gaan koop nie.”

Bestanddele
100 ml koljandersaad
50 ml borrie
45 ml vars gemaalde swartpeper
45 ml mosterdpoeier
45 ml rooipeper
45 ml fyn gemmer
45 ml gemaalde kardemom
45 ml fyn kaneel
60 ml fyn komyn
5 ml brandrissiepoeier of gevlokte, droë brandrissies

Metode
Rooster die koljandersaad in ’n droë pan, laat afkoel en stamp fyn. Meng met die res van die speserye. Bêre in ’n donker, lugdigte houer op ’n koel, droë plek. Lewer ongeveer 480 ml kerriemengsel.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 691 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *