MARIE BESKUITJIE EN KAKAO VINGERS

Lynette Muller

Bestanddele
1 pak marie beskuitjies
250g margarien
1 pak 500g versiersuiker, gesif
30 g kakao, gesif
1 eier

Metode
Rol beskuitjies redelik fyn. Smelt margarine in diep kastrol. Voeg versiersuiker + kakao by. Roer goed oor matige hitte tot glad. Roer die eier VINNIG by (hier moet vinnig gewerk word anders skif die eier). Haal mengsel van hitte af en roer die beskuitjies by. Gooi in gesmeerde pan en laat afkoel. Sny in blokkies wanneer koud, Bewaar in yskas.

Alternatiewe:
• Vervang kakao met 50ml koffie en voeg neute en kersies by.
• Gemmer stukke kan ook bygevoeg word, saam met gemmer koekies i.p.v marie Beskuitjies

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 246 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *