MELKTERT FUDGE

Lynette Muller
(12 porsies)

Bestanddele
800 g suiker
250 g botter
250 ml melk
250 ml kondensmelk
10 ml vanielje
10 ml fyn kaneel

METODE:
Plaas al die bestandele in ’n pot en bring tot kookpunt terwyl jy oor lae hitte met ’n houtlepel roer.
Hou aan roer tot mengsel goudbruin kleur kry, sowat 25 – 30 minute.

Verwyder van hitte en klits op lae spoed met elektriese handklitser tot mengsel romerig is.
Spuit pan van 30 x 20 cm met kleefwerende kossproei en keer mengsel daarin uit.

Laat afkoel tot koud en gestol.
Keer uit op kapplank en sny fudge in 1,5 x 15 cm-skywe met ’n skerp mes.
Draai elkeen in bakpapier toe soos lekkergoed. Sit voor met koffie.

WENK:
Wees versigtig wanneer jy die melktert-fudge kook. Die mengsel is vuurwarm en kan jou baie seer brand.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 563 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *