Vlaskywe

Sanet Havenga

Bestanddele
1pk Cream Crackers
1l Melk
200g Suiker
50g botter
60g Koekmeel
50g Mielieblom
10ml Vlapoeier
2ml Sout
100ml Kouewater
3 Eiers geskei
5ml Vanieljegeursel
250g Versiersuiker gesif
40ml Kookwater

Metode
Smeer ‘n vlak bak. Pak die koekies onder in die bak.

Verhit melk in groot kastrol tot kookpunt. Voeg suiker en botter by en roer tot gesmelt is. Haal van stoof. Koekmeel, mielieblom, vlapoeier, sout en kouewater deeglik. Voeg eiergele by en klits goed. Klits melkmengsel geleidelik by vlamengsel. Gooi terug by res van die melk in groot kastrol. Roer aanhoudend oor lae hitte en laat kook vir 5 min tot dik. Haal van stoof en roer vanielje by. Klits eierwit styf. Vou witte liggies in. Gooi vlamengsel oor koekies. Pak ander koekis bo op mengsel. Laat goed afkoel.  Plaas in yskas en laat koud word. Meng die versiersuiker en kookwater tot smeerbaar. Gooi oor. Sny en geniet die vlaskywe.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 2,563 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *