Waters wat oorweldig 4

Donderdag 31 Mei.2018 Tema:  Waters wat oorweldig 4

**** My eie woorde

** Ons lewe tans in stormagtige tye. Miskien ervaar jy vandag jy is in die middel van die grootste storm ooit in jou lewe. Dit voel regtig of die golwe jou gaan oorweldig en jy voel jy gaan verdrink, want jou geloof is net eenvoudig te klein en alles om jou is net teveel en te groot. Mense stuur so maklik versies aan van “moenie na jou storm kyk nie, maar na die Een wat die storms beheer.”  Ek sê altyd “ talk is cheap” Dis maklik vir ander om te praat wanneer hulle nie in jou skoene staan nie. Onthou net, God se Woord is juis daar om ons in watter omstandighede te verseker Hy is steeds God, Hy is ’n God van liefde en niks is vir Hom onmoontlik nie. Wanneer jy vandag se teks lees maak dit jou eie. Ervaar vir ‘n oomblik hoe ons Hemelse Vader Sy magtige hand na jou uitsteek en jou optel en uitlig. Hoekom? Omdat Hy God van die heelal is en Hy het ons as Sy kinders innig lief.

2 Sam 22:17 Van bo af het Hy Sy hand uitgestrek en my gegryp, my uit geweldige waters uitgelig. V18 Hy het my gered van my vyand wat sterk was, van my haters toe hulle vir my te magtig was. V19 Die dag toe hulle my aangeval het, was my ondergang naby, maar die Here het my daarvan bewaar.  V20 Hy het my in vryheid laat uitgaan, my gered omdat Hy my liefhet.

Ps.104:7 Maar toe U die waters aanspreek, het hulle gevlug, voor die krag van U stem het hulle die wyk geneem.

GEBED vir VANDAG  i

Onse Vader wat in die hemel is, laat U Naam opnuut geheilig word, want U is God en Skepper, Verlosser, Redder en Saligmaker. Ek bid vanmôre vir elke persoon wat ervaar hulle word verswelg deur omstandighede. HERE hoe wonderlik om te weet U kan hulle uitlig uit die moeilikste situasie en U kan deur die krag van U stem die storms om hulle laat bedaar. Ek bid vir elkeen onder die letter i .Ek dink aan al die Ina’s Ilze, Ibrahim, Isaac Ian Isak. In my hart weet ek hulle het U vanoggend so spesiaal nodig. My Vader hou hulle styf vas en dra hulle deur hierdie dag. In Jesus se Naam Amen.

**** Geseënde daggie vir elkeen

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 83 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *