Word ek vergeet (1)

Maandag 18 Junie.2018 Tema: Word ek vergeet? 1

**** My eie woorde

**** Josef is in die tronk. Deur die gawe van die Heilige Gees lê hy die bakker en die voorman van die skinkers se drome uit, nl. dat albei uit die tronk vrygelaat sou word. Een sou sterf en een sou herstel word in sy posisie. Dan vra hy dat die skinker hom nie sal vergeet nie. Die hartseer deel is juis, toe dit goed gaan met die skinker en hy herstel is vergeet hy heeltemal van Josef in die tronk. Vir twee volle jare wag Josef …..maar God het hom nie vergeet nie. Toe die farao deur God ’n droom gegee word onthou die skinker. Ek hoor mense wat vra, waar is God terwyl ek deur die donker tyd gaan het Hy my dan vergeet , hoor Hy dan nie? As God ’n mossie nie vergeet nie, weet dit, Hy het jou ook nie vergeet nie. Hou in geloof aan Hom vas totdat Sy tyd aangebreek het vir jou krisis.

Gen.40:23  En die voorman van die skinkers het nie aan Josef gedink nie, maar hom vergeet. Gen 41:1  Ná verloop van twee volle jare het Farao gedroom dat hy by die Nyl staan;

Luk.12:6  Word vyf mossies nie vir twee stuiwers verkoop nie? En nie een van hulle is voor God vergeet nie.

GEBED vir VANDAG U-V

Onse Vader wat in die hemele is, U is steeds die Heerser van die heelal en al lyk dit soms of U nie hoor nie en of U ons vergeet, wil ek vanmôre dankie sê dat U nie kan vergeet nie, want U is God. Ek bely dat ons so gou kan twyfel. Ek bid vanmôre spesiaal vir diegene onder die letter V wat voel hulle is vergeet, of dat hulle ervaar dat U dalk nie hoor U nie. Mag U deur U Seun hulle toevou in U genade en liefde vandag en ag gee op elke uitroep na U.

In Jesus se Naam vra ons dit Amen.

Geseënde daggie en week vir elkeen.

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 50 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *