Abrahampies (beskuit)

650g (5 x 250ml, ongesif afgemeet) koekmeelblom
15ml kremetart
12,5ml sout
400g (500ml) suiker
250g botter of margarien, by kamertemperatuur
250ml karringmelk
10ml koeksoda
1 eier

Voorverhit oond tot 200C (400F).
Smeer ‘n rolkoekpan van 45x30x2 cm, of bespuit met kleefwerende middel.
Sif die koekmeelblom, kremetart en sout saam.
Voeg die suiker by en meng.
Vryf die botter of margarien met die vinger punte in die meelmengsel in totdat dit fyn gekrummel is.
Meng 25ml van die karringmelk met die koeksoda.
Voeg dit by die meelmengsel.
Klits die res van die karringmelk en die eier saam.
Hou 25ml van die mengsel om oor die beskuit te verf en voeg die res by die meelmengsel.
Meng goed tot ‘n deeg.
Verdeel die deeg in 8 ewe groot stukke.
Fatsoeneer elke stuk op ‘n meelbestrooide deegplank in ‘n wors van 28cm en druk dit effens plat.
Sny elke wors in 4 ewe lang stukke.
Plaas die stukke effens uitmekaar in die pan.
Verf die oorblywende 25 ml karringmelk-en-eiermengsel oor die beskuite.
Bake hulle sowat 30 minute of tot gaar op die middelste oondrak.
Laat die beskuite effens afkoel, breek hulle oop en droog op die draadrakkie in ‘n koel oond uit.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 298 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *