Blatjanghoender ~ Grootmaat

Jan van Niekerk

Lewer 50 porsies

Bestanddele:

50 Hoenderdye

35 ml Sout

10 Varsgemaalde swartpeper

900 ml Koekmeel

500 ml Sonneblomolie

Blatjangsous:

1 Liter Vrugteblatjang

1 Liter Mayonnaise

1 Liter kookwater

9 Pakkies Bruinuiesoppoeier

Metode:

Meng die sout, peper en koekmeel in ‘n groot bak. Rol die hoenderporsies in die gegeurde meel. Verhit die olie in ‘n swaarboomkastrol en braai die hoender, ‘ paar stukke in die olie tot goudbruin. Pak die hoender in ‘n enkellaag in twee groot oondpanne. Meng al die bestanddele vir die sous saam en giet dit oor die hoenderstukke.

Bedek die panne met aluminiumfoelie en bak in voorverhitte oond by 180°C vir 1 uur. Draai die vleis na 30 minute om en bedek weer. Verwyder die foelie, maak seker al die stukke is velkant nab o en bak onbedek vir 10 minute. Bedien met bruinrys, gestoofde groenbone en pampoen. Lewer 50 porsies.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 325 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *