Ek weet nie 2

Dinsdag 12 Junie.2018 Tema: : Ek weet nie 2

**** My eie woorde

**** Ons kan soms so oorhaastig vertel dat ons dit gaan doen en daarheen gaan ens. ens. Tog is dit so dat nie een van ons weet of ons vanaand nog gaan lewe nie.

Spr. 27:1  Beroem jou nie op die dag van môre nie, want jy weet nie wat die dag sal bring nie.

Jak. 4:13  Kom nou, julle wat sê: Vandag of môre sal ons na dié en dié stad gaan en daar een jaar deurbring en handel drywe en wins maak—14  julle wat nie eens weet wat môre sal gebeur nie. Want hoedanig is julle lewe? Dit is tog maar ‘n damp wat vir ‘n kort tydjie verskyn en daarna verdwyn.15  In plaas dat julle sê: As die Here wil en ons lewe, dan sal ons dit of dat doen.16  Maar nou roem julle in jul grootpratery. Al sulke roem is verkeerd.

Spr.16:3  Laat jou werke aan die HERE oor, dan sal jou planne uitgevoer word.

GEBED vir VANDAG Q

Onse Vader ons aanbid U , U wat die einde van die begin af ken. Ons gee elkeen ons planne van vandag in U hande oor, laat U wil geskied in ons lewens. Ek bid vir diegene onder die letter Q . Mag hulle planne vandag net tot Eer en verheerliking van U groot en Heilige Naam wees. In Jesus se Naam .Amen

Geseënde daggie aan elkeen

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 58 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *