Ek weet nie 3

Woensdag 13 Junie 2018 Tema: : Ek weet nie 3

**** My eie woorde

**** Iemand het eenkeer gesê: “There is no bigger fool than the fool who doesn’t know that he doesn’t know”. Groot woorde! Julle sien die voorwaarde is om te SOEK, maar met ‘n opregte hart en motief, dan die belofte dat jy SAL vind.

Jes 44:18  Hulle weet nie en verstaan nie, want hulle oë is toegesmeer, sodat hulle nie sien nie, hulle harte, sodat hulle nie verstaan nie;

Hand. 28:26  en gesê: Gaan na hierdie volk en sê: Met die gehoor sal julle hoor en glad nie verstaan nie, en julle sal kyk en kyk, en glad nie sien nie.

Luk. 11:10  Want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word.

**** Die grootste tragedie ooit is dat daar mense is wat God dien wat wonders doen in Sy Naam en Hy gaan hulle wegstuur. Is dit moontlik? Ja dit is.

Matt 7:22 NV Baie sal daardie dag vir My sê: ‘Here, Here, het ons dan nie in u Naam gepreek nie, deur u Naam bose geeste uitgedryf en deur u Naam baie wonders gedoen nie?’ 23  Dan sal Ek openlik vir hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My af, julle wat die wet van God oortree.

GEBED vir VANDAG R

Onse Vader dis sulke ernstige woorde wat tot ons harte spreek vanmôre. Hoe tragies dat ons nie werklik soek om te vind nie. Help ons elkeen om ag te gee op U ernstige woord vandag. Ek bid spesiaal vir elkeen onder die letter R Moontlik roep hulle na U uit vanmôre om te vra HERE leer my dat ek in U voetspore kan volg. Wil U daardie gebed hoor en verhoor . In Jesus se Naam Amen

**** Geseënde daggie vir almal

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 69 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *