ERTJIESOP IN DIE STOOMPOT

Genoeg vir 10 of 12 mense.

Bestandele
1kg Bees kookvleis
1 Pakkie split-ertjies
3 Uie
6 Groterige aartappels
15ml asyn
Biefblokkie of hoederblokkie
Aromat,sout en peper

Metode.
Stoom die vleis in die stoompot vir 20min.Gooi genoeg water,sout en die asyn in.
Solank die vleis gaar raak,skil die aartappels en uie.Rasper dit met die growwe kant van die rasper.
As die vleis klaar gaar is,verwyder die stoompot van die plaat en laat die stoom afblaas.
Voeg die aartappels en uie by.
Spoel die ertjies af en gooi dit bo-op in die stoompot.
Voeg die geurmiddels by en genoeg water.
Ons stoompot hou 11l. As alles in is,moet die stoompot bokant half wees met water.
Stoom vir nog 20 min.Laat die vleis onderin die pot lê sodat die ertjies nie so maklik kan brand as dit onder lê nie.
Verwyder en proe of daar nie dalk bietjie sout kort nie.

Pasop om nie die stoompot te vol te maak nie. Gee die pot kans om self van die stoom ontslae te raak,aangesien sop geneig is om bo te wil uitspuit as die gewiggie afgehaal word terwyl die pot onder druk is. Eet met vars brood en botter.As daar sop oorbly,stol hy as dit koud word en kan daar bietjie water bygevoeg word wanneer hy weer warm gemaak word.

FOTO EN RESEP:  Dawie Vd Heever

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,627 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *