Plat geslaan…1

Maandag 4 Junie.2018 Tema: Plat geslaan…1

**** My eie woorde

**** Wat is van die dinge wat ons platslaan in die lewe. Wanneer ek vanmôre begin opnoem sal ek seker nie kan stop nie. Net soos ons as individue verskil so verskil dit wat ons elkeen kan platslaan. Ek dink een van die ergste bly sekerlik die afsterf van ’n geliefde. Dit maak nie saak of dit jou man, jou kind,  jou ouers of beste vriendin  is nie. Die seer is daar, en juis wanneer jy stilsit en dink tref die vreeslike leemte in jou lewe en jy wens jy kan tyd so bietjie terugdraai. Die een ding wat ons so maklik kan vra is : “Hoekom ek HERE?” Job het ook nogal so gevoel. Tog is daar kosbare beloftes in die woord wat ons weer optel. 

Job 4:5  Maar nou dat dit jóu oorkom, is jy moedverlore; noudat dit jóu tref, is jy verslae!

Ps. 51:17  (51:19) Die offers van God is ‘n gebroke gees; ‘n gebroke en verslae hart sal U, o God, nie verag nie!

Ps 34:19 Die HERE is naby die wat gebroke is van hart, en Hy verlos die wat verslae is van gees.

GEBED vir VANDAG

Onse groot en liefdevolle Hemelse Vader, baie dankie vir hierdie versekering vanmôre, dat U juis by diegene is wat verslae en gebroke van hart is. Dankie, dat U nooit iemand wat platgeslaan is deur die houe van die lewe, laat bly lê nie. Ek bid vanmôre vir elkeen onder die letter K. Miskien ervaar hulle vanmôre dat hulle platgeslaan is, dat hulle nie weet watter kant toe nie. HERE tel hulle op en dra hulle daardeur, waardeur hulle nou moet gaan.

In Jesus se Naam Amen

**** ’n Wonderlike en geseënde daggie en week vir elkeen

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 86 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *