Plat geslaan 2

Dinsdag 5 Junie.2018 Tema: Plat geslaan 2

**** My eie woorde

**** Dawid is platgeslaan. Hy huil voor die HERE en hy kyk oor sy lewe en hy praat met die HERE daaroor

Psalm 31V10 Wees my genadig, Here, want ek is in die nood; van verdriet het my oë swak geword, ja, alles in my.V11 My lewe vergaan van kommer en my jare van swaarkry; deur my ellende word my krag geknak en teer my liggaam uit.

****Dawid is hartseer en hy roep uit na die HERE. Terwyl hy so met God praat kom die antwoord, hy dink terug aan wat die Here reeds vir hom gedoen het, en dan kry hy weer moed om ander te bemoedig….wonderlik is dit nie.

V23 Ek het in my angs gedink: Dit is klaar met my, selfs U het my verwerp. Tog, U het geluister na my gesmeek toe ek na U om hulp geroep het. V24 Betuig julle liefde vir Hom, julle almal wat die guns van die Here geniet. Die Here beskerm dié wat aan Hom getrou is, maar dié wat teen Hom opstandig is, straf Hy swaar. V25 Wees dus sterk en hou goeie moed, julle almal wat julle vertroue in die Here stel.

**** Wanneer jy ook ervaar alles om jou stort in duie en alles loop verkeerd, hou goeie moed en dink terug hoe die HERE nog altyd gesorg het en hou daaraan vas. Wanneer ek en jy in die grootste nood verkeer is dit juis dan wanneer die HERE die naaste is.

GEBED vir VANDAG L

Onse Hemelse Vader, Jesus ons Verlosser en Heilige Gees ons leermeester, ons aanbid U. Ons dank U opreg vanmôre dat U omgee vir ons as mensekinders. Dat U juis ons trane raaksien maar dat U luister wanneer ons na U uitroep in ons nood. Ons beleef elke dag hoe U ons laaf met U hemelse teenwoordigheid en uitkoms stuur juis wanneer alles donker lyk. Ek bid vanmôre vir almal onder die letter L Moontlik soek hulle antwoorde oral en blaai verby U bladsy. Heilige Gees spreek met hulle in hulle gedagtes vandag want tyd is besig om uit te loop. In Jesus se Naam vra ek dit Amen

**** Geseënde daggie vir elkeen 

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 113 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *