Plat geslaan 3

Woensdag 6 Junie 2018 Tema: Plat geslaan 3

**** My eie woorde

***** Wanneer die HERE vanuit ’n storm Job antwoord sê Hy

Job 38:4  Waar was jy toe Ek die aarde gegrond het? Gee te kenne as jy insig het.

**** Dan kry ons hierdie kosbare woorde in Jesaja, dat hierdie Skepper God wat spreek en dit staan, nie net alles gemaak het nie, maar dat Hy omgee vir stukkende mense wat platgeslaan is.

Jesaja 66:2 Want My hand het al hierdie dinge gemaak, en so het dit alles ontstaan, spreek die HERE. Maar op hierdie een sal Ek let: op hom wat arm is en verslae van gees, en wat bewe vir My woord. (NV) Ek slaan ag op die mens in nood, op dié een wat berou het oor sy sonde, wat ontsag het vir My woord.

**** So wat is die voorwaarde, want die belofte het ’n voorwaarde, dis vir diegene wat ontsag het vir Sy woord. Dawid het daardie wonder ervaar en ek en jy kan ook.

Ps.119:11  Ek het U woord in my hart gebêre, dat ek teen U nie sal sondig nie.

Ps.119:103 Hoe soet is U beloftes vir my verhemelte, meer as heuning vir my mond.

**** Wat ook al jy deurgaan gaan sit ’n oomblik stil voor God se Woord want Hy sal jou daarin antwoorde gee.

GEBED vir VANDAG M

Onse Heilige Skepper God groot en heerlik is U in U koninkryk. Ons word stil voor U grootheid Vader, Seun en Heilige Gees. Baie dankie dat U liefde groter is as U almag, dat U vir ’n oomblik kom stilstaan by diegene wat platgeslaan is, wat in hulle nood by U antwoorde soek. Ek bid vanmôre vir elkeen onder die letter M .Wil U vanmôre ag slaan op hulle nood en uitkoms en genade gee, soos dit die beste sal wees en volgens U wil . In Jesus se Naam vra ons dit Amen .

**** ’n Wonderlike daggie vir elkeen.

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 69 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *