Plat geslaan 4

Donderdag 7 Junie 2018 Tema: Plat geslaan 4

**** My eie woorde

**** Vanoggend se woord is nie so maklik nie. Dis mos lekker om al die goeie en wonderlike genade van die HERE te hoor. Die vraag vanmôre is hoe voel ek en jy oor ons sonde. Daardie sonde wat tussen my en God staan. Dawid sê dis altyd voor hom . Dit slaan jou geestelike lewe plaat want jy groei nie. Dawid het die antwoord geken . Jy sien belydenis is eintlik maklik as dit lippetaal is. Maar wanneer belydenis in jou binnekamer voor God is, slaan jou sonde jou plat.

 Ps_51:3  (51:5) Want ék ken my oortredinge en my sonde is altyddeur voor my.

Ps. 32:5  My sonde het ek U bekend gemaak, en my ongeregtigheid het ek nie bedek nie. Ek het gesê: Ek wil aan die HERE my oortredinge bely; en U het die ongeregtigheid van my sonde vergewe. Sela.

Ps_51:2  (51:4) Was my heeltemal van my ongeregtigheid en reinig my van my sonde.

**** So ek en jy moet bely …maar dan die moeilike deel wat sê ….én laat staan. Toe skrifgeleerdes en die Fariseërs ’n vrou aankla en wil stenig, help JESUS haar maar kyk wat antwoord Hy, wat is haar verantwoordelikheid.

Joh 8:11  En sy antwoord: Niemand nie, Here. En Jesus sê vir haar: Ek veroordeel jou ook nie. Gaan heen en sondig nie meer nie.

Spr. 28:13  Hy wat sy oortredinge bedek, sal nie voorspoedig wees nie; maar hy wat dit bely en laat staan, sal barmhartigheid vind.

Matteus 5:3 NV  “Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel.

GEBED vir VANDAG N

Onse Vader so dankie vir U woord, wat ons leer en wys wat om te doen. Ons kan so maklik dink ek is reg en ek is goed . Tog vanmôre wanneer ek en elkeen stil raak voor U, en eerlik is met onsself WEET ons hoe vol sonde ons is. Ons wil dit nie net bely vanmôre nie, maar ons vra gee ons die krag om dit te laat staan. Ek bid vanmôre vir elkeen onder die letter N  Moontlik is dit iemand wat ook so worstel met sonde of ’n ander rede waarom hulle verslae en platgeslaan is. Tel hulle op en red hulle vir U Koninkryk. In Jesus se Naam Amen

’n Geseënde daggie vir elkeen

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 96 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *