Plat geslaan 5

Vrydag 8 Junie  2018 Tema: Plat geslaan 5

**** My eie woorde

**** Hy word in die nag wakker en lê met God en praat. Terwyl hy sug en nadink is hy platgeslaan. Dan vra hy homself af of die HERE hom dan altyd sal verstoot en nooit weer genade sal betoon nie . Is daar dan ’n einde aan Sy  trou en geld Sy beloftes dan nie meer nie Miskien het jy ook al soos Asaf gevoel.

Ps 77:3 (NV) Ek dink aan God en ek sug, ek dink na en ek is verslae. Sela 4. U laat my wakker lê, ontsteld en sprakeloos. 5 Ek dink aan vroeër dae, aan jare lank gelede. 6 As ek so in die nag lê en terugdink en peins, vra ek my af: 7  “Sal die Here vir altyd verstoot en nooit weer genade betoon nie? 8 Het daar vir altyd ‘n einde gekom aan sy trou? Geld sy beloftes dan glad nie meer nie?

Dan kom die antwoord deur Dawid

Ps. 145:17  Die Here is regverdig in al sy handelinge, getrou in alles wat Hy doen. :18  Die Here is naby almal wat Hom aanroep, almal wat Hom in opregtheid aanroep. 19  Aan dié wat Hom dien, gee Hy wat hulle vra, Hy hoor as hulle om hulp roep, en Hy red hulle.

**** Dit klink dan so maklik maar wat van my en jou ? Onthou elke ding wat met jou en my gebeur leer ons om God volkome te vertrou. Dit waardeur jy nou gaan is jou opleiding vir vorentoe waar ander jou gaan nodig kry. Ons is almal in Sy diens om te dien en nie om gedien te word nie. Kyk wat sê Hy vir die melaatse maar ook vir jou vandag

Luk. 17:19  En vir hom sê Hy: “Staan op en gaan huis toe. Jou geloof het jou gered.”

GEBED vir VANDAG -O

Onse Hemelse Vader ons het hierdie week gekyk na soveel goed wat ons kan platslaan, maar ons dank U vir daardie versekering dat U vir ons vanmôre sê Staan op! Dis in U Naam wat ons kan aangaan. Dis U wat ons lewe genade en moed gee. U is die antwoord wanneer alles om ons nie werk nie. Ek bid vanmôre vir elkeen onder die letter O Dit herinner my dat ons moet oplet en kyk wat U alles elke dag vir ons doen dit. Mag hierdie persone vandag opnuut U handewerk in hulle lewens ervaar en raaksien. In Jesus se Naam Amen

**** Geseënde naweek vir elkeen. Tot Maandag as ons gespaar bly .

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 92 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *