RYK SOUSERIGE SJOKOLADEPOEDING

Bestanddele Sous
60 ml kakao                                                                 
125 ml bruinsuiker
300 ml kookwater

Bestanddele Beslag
45ml botter                                                                  
100g donker sjokolade, gekap
125ml melk
2 ekstra-groot eiers
160ml strooisuiker
250ml bruismeel
30ml kakao

Metode
Voorverhit die oond tot 180C en smeer ‘n oondbak van 24 cm x 24 cm goed met botter. Meng die kakao, bruinsuiker en kookwater vir die sous saam in ‘n beker tot die suiker opgelos is. Hou eenkant. Smelt botter, sjokolade en melk saam tot glad en laat effens afkoel. Klits die eiers en strooisuiker liggies saam. Voeg die meel en kakao by die eiermengsel en roer dan die gesmelte sjokolademengsel by. Klits tot gemeng. Skep in oondbak en giet stroop bo-oor. Bak vir ongeveer 30-40 minute of tot ferm. Laat effens afkoel en sit voor met room of roomys. Lewer 6-8 porsies.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 472 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *