SJOKOLADE EN PEPPERMINT CRISP BLOKKIES 

Lynette Muller
Maak: 10 groot blokke

375 ml (320 g) suiker
150 ml ingedampte melk
30 ml botter
500 ml (115 g) wit malvalekkers, in kleiner stukkies gesny
300 g donker- of melksjokolade, fyngekap
5 ml vanieljegeursel
2 stafies Peppermint Crisp, in stukke gebreek

METODE:
Voer ’n 23 cm-broodpan met tinfoelie uit (as jy kleiner blokkies verkies, kan jy ’n vierkantige pan van 23 cm gebruik). Verhit die suiker, ingedampte melk en botter saam in ’n kastrol. Verhit die mengsel tot kookpunt, en roer dit die heeltyd. Kook dit vir ongeveer vyf minute en haal dit dan van die plaat af.

Roer die malvalekkers, sjokolade en vanielje daarby in. Roer dit vinnig tot al die malvalekkers gesmelt het. Gooi die mengsel in die gevoerde pan en sprinkel die Peppermint Crisp bo-oor. Laat vir 24 uur of langer in die yskas stol.

Keer die mengsel uit die pan en trek die foelie af. Gebruik ’n skerp mes om dit in blokkies te sny.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 486 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *