Warm Aartappel tert

4 groot gaar aartappels
1 koppie fyn spinasie (rou)
1/2 koppie gekapte sampioene
2 eiers
1/2 koppie melk
1/2 koppie room
vars pietersielie, gekap
Sout en peper na smaak
2 eetlepels parmesaankaas (opsioneel)
1 koppie gerasperde cheddarkaas

Voorverhit oond tot 180C en smeer oondvaste tertbak
Maak aartappels fyn en men met die spinasie en sampioene.
Klits eiers met melk en voeg by aartappel mengsel
Voeg die res van die bestanddele, behalwe die cheddarkaas, by en meng goed.
Skep in tertbak, strooi cheddarkaas oor en bak vir 20 min of tot ligbruin
Skep lepels vol op borde en bedien.
Kan ook as bykos by meer formele etes bedien word.
Vir ‘n ligte aand ete kan die spinasie deur tuna en skywe tamatie vervang word.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 360 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *