Waters wat oorweldig 5

Vrydag 1 Junie 2018 Tema: Waters wat oorweldig 5

**** My eie woorde

**** Buiten dat die Here jou uit die waters kan uitlig soos ons gister gesien het, bly Hy in beheer van die heelal. Ons het Sy mag in ons eie land al soveel keer beleef, maar ons vergeet so gou. In 1994 was daar ’n bloedbad voorspel maar deur vas en gebed het  Hy verhoor. Ons het oral beleef dat Hy die hemele kan toesluit in droogte maar in genade weer stortreën kan stuur.

Job 12:15  Kyk, Hy hou die waters terug, en hulle verdroog; ook laat Hy hulle los, en hulle keer die aarde om.

Ps.29 :3 Die stem van die Here weerklink oor die waters. Dit is die magtige God wat die weer laat dreun; die Here self is op die groot waters!

**** Nogtans in Sy groot liefde rig Hy hierdie uitnodiging vir elkeen van ons. Al wat ek en jy moet doen, is om te sê: “Ja, HERE hier is ek” en dan vind ons daardie waters waar daar rus is.

Open.22:17  En die Gees en die bruid sê: Kom! En laat hom wat hoor, sê: Kom! En laat hom wat dors het, kom; en laat hom wat wil, die water van die lewe neem, verniet.

Ps.23:2  Hy laat my neerlê in groen weivelde; na waters waar rus is, lei Hy my heen.

GEBED vir VANDAG J

Onse Vader hoe groot en wonderbaar is U genade. Vanoggend moet ons bely, ons vergeet so gou. Wil U deur U Heilige Gees ons gedurig herinner aan U almag wanneer ons klein van geloof is. Hier is ek en elkeen wat hier lees vandag, kom les opnuut ons dors met U lewende water en bring ons by U waters van rus wat mens se verstand te bowe gaan. Ek bid vanmôre vir elkeen onder die letter J My Vader hoor hulle uitroep na U vandag en laat U wil geskied soos U weet die beste vir hulle sal wees. Baie baie dankie dat ons weer met U kon praat. In Jesus se Naam Amen.

Geseënde daggie en naweek vir almal, tot Maandag as ons gespaar bly.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 66 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *