Word ek vergeet? 2

Dinsdag 19 Junie.2018 Tema: Word ek vergeet? 2

**** My eie woorde

**** Die volk ervaar dat die HERE hulle heeltemal vergeet het inteendeel dit voel vir hulle asof dit nie ophou nie. Dit is ook so dat ons so maklik alle blaam op ons Skepper plaas maar ons vergeet so maklik met wie ons te doen het. Ons het met ’n vyand te doen wat in Openbaring genoem word  Verwoester. Wanneer ons alles sien wat om ons gebeur elke dag sien ons hoe die waarskuwing deur Petrus voor ons oë afspeel

Klg.5:20  Waarom sou U ons vir altyd vergeet, ons verlaat tot in lengte van dae?

1Pet_5:8  Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind.

**** Miskien voel jy ook soos die volk vanouds en beleef jy dit wat in die tekste gesê word. Tog wil ek hierdie kosbare woord by jou los vanmôre. Mag dit jou deurdra wat ook al jy vandag of die week beleef.

Jes_49:15  Kan ‘n vrou haar suigling vergeet, dat sy haar nie ontferm oor die seun van haar skoot nie? Ofskoon hulle sou, nogtans sal Ék jou nie vergeet nie!

GEBED vir VANDAG W

Onse Vader, wat ’n wonderlike wete, al sou ons as mense vergeet, U vergeet ons nooit omdat ons U kinders is wat na U beeld gevorm is. Nogtans beleef ons hoe Satan met al sy mag U kinders aanval en probeer om selfs ons geloof te verwoes, maar vanmôre beroep ons ons op die hoogste gesag in die heelal en vra vir U teenwoordigheid en nabyheid. Ek bid vanmôre spesiaal vir diegene wie se naam begin met W. Miskien worstel hulle juis omdat hulle geweldig aangeval word deur die vyand. Wil U asb. in die Naam van Jesus die bande van sonde en boosheid verbreek. Ons vra dit in die naam van Jesus alleen. Amen

Geseënde daggie vir elkeen.

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 86 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *