Word ek vergeet? 4

Donderdag 21 Junie 2018 Tema: Word ek vergeet? 4

**** My eie woorde

**** So dikwels dink ek en jy dat God ons vergeet het, maar ons vergeet so maklik watter vyand hardloop op die aarde rond. Toe hy uit die hemel gegooi is, was die hemel bewoners bly maar dan sê Johannes wee die bewoners van die aarde en die see…

Open.12:9  En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word duiwel en Satan, wat die hele wêreld verlei, hy is neergewerp op die aarde, en sy engele is saam met hom neergewerp. 12  Daarom, wees verheug, o hemele en die wat daarin woon; wee die bewoners van die aarde en die see, want die duiwel het na julle neergedaal met groot woede, omdat hy weet dat hy min tyd het.

**** Dan hoor ek iemand sê “ Maar dis onregverdig hoe kan ons dan oorwin”? Ons het ’n voorbeeld ontvang wat vir ons kom wys het wat om te doen en dan gee Jakobus so pragtig die inligting waar ons fokus moet wees, nie op die vyand nie, maar op die onderwerping

1Pet_2:21  Want hiertoe is julle geroep, omdat Christus ook vir julle gely het en julle ’n voorbeeld nagelaat het, sodat julle Sy voetstappe kan navolg;

Jak.4:7  Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug.

GEBED vir VANDAG Z

Onse Vader wat in die Hemele is, baie dankie dat U ons Vader is wat ons so lief het dat U bereid was om U Seun te stuur sodat ons kan weet wat om te doen teen die aanslae van die bose. Baie dankie Jesus dat U bereid was om te kom na hierdie sondige aarde as ’n mens al is U God. Ons onderwerp ons aan U, Vader Seun en Heilige Gees sodat die vyand van ons kan wegvlug. Ek bid vir diegene onder die letter Z. Al is dit die laaste letter van ons alfabet mag U die begin en die einde in hulle lewens wees . In Jesus se Naam Amen

****Geseënde daggie vir elkeen

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 78 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *