Vrydag 22 Junie 2018 Tema: Word ek vergeet? 5
**** My eie woorde
**** Goeiemôre almal. Hierdie is dan die laaste dagstukkie totdat die skole weer heropen op 17 Julie. Ons het hierdie week gefokus op word ek vergeet. Immers sny dit na twee kante toe. Vanoggend se vraag is, vergeet ek ? Het Ek God se weldade aan my vergeet toe die donkerte toesak of is ek ’n vergeetagtige hoorder wanneer dit by die dade kom.
Jak 1:23 Want as iemand ‘n hoorder van die woord is en nie ‘n dader nie, dié is soos ‘n man wat sy natuurlike gesig in ‘n spieël sien; V24 want hy sien homself en gaan weg en vergeet dadelik hoe hy gelyk het. V25 Maar hy wat diep insien in die volmaakte wet van die vryheid en daarby bly, hy sal, omdat hy nie ‘n vergeetagtige hoorder is nie, maar ‘n dader van die werk, gelukkig wees in wat hy doen.
Ps.103:2 Loof die HERE, o my siel en vergeet geeneen van sy weldade nie!
GEBED vir VANDAG A
Onse Vader, ons aanbid U Vader Seun en Heilige Gees en vanmôre bring ons dank lof en Eer aan U vir al die goeie gawes so onverdiend uit U Vaderhand. Ja, ook die dinge wat ons so as vanselfsprekend aanvaar. Soms moet ons eers iets verloor voordat ons die waarde daarvan besef. Ek bid vanmôre spesiaal vir diegene onder die letter A, My gebed is dat U hulle sal seën met krag en sterkte, genade, wysheid, gesondheid en insig. Wil U die goeie wat hulle aan ander doen veelvuldig na hulle terugkeer op U tyd en manier. Ek bid vir almal wat op die paaie gaan wees in die tyd, stuur U heilige engele om hulle te bewaar, in Jesus Naam Amen
Tot 17 Julie dan as ons gespaar bly.
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Nuwe intekenare is welkom
Gratis bybelstudie CD’s-1-13
blye.versekering.audiocd@gmail.com
Gebedsversoeke kan gestuur word aan