AARTAPPELPANNEKOEK

Okkie Jansen van Vuuren

Bestanddele
2 aartappels, skoongeskrop en ongeskil
4 eiers, geskei
250ml koekmeel
5ml bakpoeier
5ml sout
250ml water

Metode
Kry ‘n geskikte dikboompan gereed sodat daar dadelik gebraai kan word wanneer die mengsel gereed is. Klits die eiergele. Voeg die droĆ« bestanddele en water om die beurt daarby en meng tot glad. Rasper die ongeskilde aartappel in die meelmengsel. Klop die eierwitte styf en vou dit in. Bak die pannekoek totdat dit aan albei kante ligbruin is en sit dit met enige soet- of soutvulsel voor.

VULSEL
450g sampioene, gesny
25ml olie
25ml botter
50ml vars broodkrummels
15ml pietersielie, gekap
sout en peper
50ml room

Metode
Verhit die botter en olie in ‘n pan en braai die sampioene 4 minute tot sag. Meng die broodkrummels, pietersielie en smaakmiddels. Roer die room by. Verhit stadig. Plaas van die vulsel op elke pannekoek, vou dit toe en garneer dit met tamatieskywe.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 231 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *