Bome en vrugte 1

Maandag 23 Julie 2018 Tema: Bome en vrugte 1

**** My eie woorde

**** ‘n Mens kry verskillende bome maar hierdie week praat ons dan juis oor vrugtebome. ’n Boom word geken aan die tipe vrugte wat dit dra, en dan word die vrug se naam aan die boom gekoppel…. ….appelboom,  peerboom, perskeboom ens. Dit is dan ook so dat mens daardie spesifieke vrugte aan daardie boom sal soek. Ek wil nie vanoggend na jou vrugte kyk nie, maar na jou boom…. Watse boom is ek en jy? Hierdie is eintlik ’n baie ernstige vraag wat net ek en jy kan antwoord. Dis ’n vraag wat tussen jou en God staan. HERE watse boom is ek?

Luk 6:43  Want dit is nie ‘n goeie boom wat slegte vrugte dra nie, en ook nie ‘n slegte boom wat goeie vrugte dra nie. 44  Want elke boom word geken aan sy eie vrugte. Van dorings pluk ‘n mens tog nie vye nie, en ‘n mens sny ook nie druiwe van ‘n doringbos nie.

**** Dit sê duidelik dat ‘n goeie boom nie slegte vrugte kan dra nie en andersom.  So as ek dan slegte vrugte dra (waarna ons later die week sal kyk ) … is my boom sleg en moet daar iets aan my boom gedoen word en nie aan die vrugte nie. Wanneer ek een slegte appel afpluk en nie die boom behandel nie gaan al die appels sleg word.

GEBED vir VANDAG F

**** Onse Vader wys ons hierdie week hoe lyk ons geestelike bome, nie hoe ons dink dat ons is nie,  maar hoe U ons bome sien. Dan vra ek Vader maak hierdie siek bome van ons gesond dat ons gesonde goeie vrugte kan voortbring. Ek bid vir elkeen onder die letter F. HERE U ken hulle by die naam. Ek vra dat U ’n oomblik by hulle sal stilstaan en hulle spesiale behoefte sal raaksien. Seën hulle vandag met U goddelike aanraking. Dit vra ek in Jesus se Heilige Naam. Amen.

Geseënde dag en week vir elkeen.

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 50 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *