Bome en vrugte  2

Dinsdag 24 Julie 2018Tema: Bome en vrugte  2

**** My eie woorde

****In die woord word daar verskillende vergelykings van bome gebruik. Ek dink maar aan die droom van Nebukadnesar wat die HERE hom gegee het dat hy ’n groot boom is wat tot aan die hemel reik. Sy volk Israel word dikwels met ’n vyeboom of ’n wingerd vergelyk. Een ding wat gemeenskaplik by al die vergelykings getref word, is dat ons Vader vrugte aan die boom soek. Party bome het baie blare maar min of klein vruggies. Ander bome is droog en die blare en vrugte is skaars. Hoe sal ek wéét  hoe my boom lyk? Aan die vrugte wat my boom dra. Waar sien ek hierdie vrugte? Twee dinge, dit wat by my mond uitkom en dit wat ek doen want dit is wat in my hart aangaan

Matt 7:16  Aan hulle vrugte sal julle hulle ken. Kry ‘n mens dan druiwe aan doringstruike of vye aan dissels?

Luk 6:45  Die goeie mens bring uit die goeie skat van sy hart te voorskyn wat goed is; en die slegte mens bring uit die slegte skat van sy hart te voorskyn wat sleg is; want uit die oorvloed van die hart spreek sy mond.46  En wat noem julle My: Here, Here! en doen nie wat Ek sê nie?

Rom.12:2  Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.

****Dalk het my boom baie blare en vertoon so pragtig tussen mense, maar wanneer ek vandag eerlik is in my binnekamer weet ek my boom lyk net mooi voor mense, ek lewe vêr van God af. Dalk is my boom besig om te verdor want ek gee my boom nie geestelik water nie, al is die water verniet. Ons Bybels lê voor ons bed of dalk is dit al vol stof in die rak. Hoe kan ek my boom voed as ek dit nie kos en water gee nie

GEBED vir VANDAG G

Onse Vader, hier is ons voor U in die Naam van U Seun Jesus Christus. Ons bome lyk nie goed nie ons kan niks vir U wegsteek nie. Wanneer ons vanoggend eerlik voor U staan weet ons die vrugte wat in ons hart en mond is lyk nie mooi nie. Ons wil vra dat U ons denke deur U kosbare woord en genade sal vernuwe. Ek bid spesiaal vanmôre vir elke persoon onder die letter G. Ek vra dat hulle opnuut bewus sal word van U omgee vir sondaars en dat U gekom het juis om sondaars te kom red .

In Jesus se Naam Amen. Geseënde daggie verder.

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 142 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *