Bome en vrugte  3

Woensdag 25 Julie  2018 Tema: Bome en vrugte  3

**** My eie woorde

**** Ons kyk vanoggend na ’n paar goedjies. Ons het reeds gesien die goed wat by ons mond uitkom is deel van ons boom se vrugte. Vanoggend se woord sê ons moet met volharding vrug dra. Om te volhard is vir wenners, mense wat nie bly lê nie al klap die lewe jou plat. Om te volhard beteken, ek sal dink voordat ek praat ek sal waak om God se hart te bedroef deur my woorde. Dan die ernstige woorde, die koringkorrel moet sterf om baie vrug voort te bring. Soveel mense se wêreld draai net om hulself. Jesus het kom wys Hy het alles vir ander gedoen ten koste van Homself

Matteus 15:11  Nie wat in die mond ingaan, maak die mens onrein nie; maar wat uit die mond uitgaan, dit maak die mens onrein.

Lukas 8:15  En wat in die goeie grond val—dit is die wat, nadat hulle gehoor het, die woord in ‘n edele en goeie hart hou en met volharding vrug dra.

Joh.12:24  Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as die koringkorrel nie in die grond val en sterf nie, bly dit alleen; maar as dit sterf, dra dit veel vrug.

1Kor.15 : 33  Moenie dwaal nie; slegte gesprekke bederf goeie sedes.

GEBED vir VANDAG H

Onse Vader baie baie dankie, dat U ons so lief het dat U bereid was om U Seun soos ons ’n mens te laat word sodat ons kan  sien hoe groot en liefdevol U werklik is. Dankie, vir so ’n volmaakte voorbeeld wat Hy vir ons kom wys het. Help ons elkeen om in Sy voetspore te volhard totdat Hy weer kom soos Hy Sy dissipels belowe het. Ek bid vanmôre vir elkeen onder die letter H. My Vader wil U hulle vandag styf vashou en wonderbaarlik in hulle lewens voorsien tot eer van U Naam. In Jesus se Naam Amen

Geseënde daggie vir elkeen

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 79 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *