Bome en vrugte  4

Donderdag 26Julie  2018 Tema: Bome en vrugte  4

**** My eie woorde

**** Wanneer ons boom mooi en gesond is, vol blare weet die HERE dis tyd vir snoei. Eers maak Hy lote skoon. Om skoon te maak is ’n proses van self ondersoek en oorgawe. Ek en jy kan niks aan ons sonde doen nie, ons kan dit net bely en aan Hom oorgee. Die dun lote word maklik afgeknip, maar as dit kom by die dikker takke is dit seer en pynlik. Jy voel dis darem te erg, sal ek ooit hierdeur kom. Dan kom ons vrug te voorskyn waar aan Hy so lank gewerk het. Nou sê woord so pragtig … die vrug van die Gees is…. en dan sien ons 9 voorbeelde van Sy werk in ons lewens.

Joh. 15:2  Elke loot wat in My nie vrug dra nie, neem Hy weg; en elke loot wat vrug dra, dié maak Hy skoon, sodat dit meer vrug kan dra.

Gal. 5:22  Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing.

**** Miskien voel jy, ag die goedjies ken ek al uit my kop uit …. dan my vraag, hoe lyk my en jou geduld … hoe lank gaan die HERE aan jou snoei voordat jy aan Hom oorgee. Wat van  my getrouheid. Hoe lyk my werk wat ek vir ander doen as kind van God. Sal iemand my handewerk aanbeveel omdat ek uitstaande betroubare werk verrig? So kan ek aangaan. Kom ons gee opnuut ons bome, wat nog baie blare het aan Hom oor. Wanneer Hy ons boom versorg kom die regte vrug vore.

GEBED vir VANDAG i

Onse Vader wat in die hemele woon. Hier is ek en elkeen wat vandag hier lees. Snoei ons lewensbome reg sodat ons U beeld aan ’n stukkende wêreld kan uitdra. Wanneer U ons snoei help ons om te oorwin oor ons swakhede. Ek bid vir diegene onder die letter i vanmôre. My Vader voorsien in hulle besonder behoefte volgend U wil en wete . In Jesus se Naam. Amen.

Geseënde daggie vir elkeen

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 94 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *