Bome en vrugte  5

Vrydag 27Julie 2018 Tema: Bome en vrugte  5

**** My eie woorde

Luk 13V 7  Toe sê hy vir die tuinier: Kyk, drie jaar kom ek om vrugte aan hierdie vyeboom te soek en ek kry niks nie; kap hom uit. Waarvoor maak hy die grond nog onvrugbaar? 8  Maar hy antwoord en sê vir hom: Meneer, laat hom nog hierdie jaar staan totdat ek om hom gespit en mis gegooi het. 9  As hy dan vrugte dra, goed; maar so nie, dan kan U hom anderjaar uitkap.

Matteus 3:10  Maar die byl lê ook al teen die wortel van die bome. Elke boom wat geen goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi.

**** Jesus vertel hierdie gelykenis om iets kosbaar te demonstreer. Die Eienaar en die Tuinier is al twee besorg oor ons bome. Hulle kom soek dag na dag vrugte en doen alles in Hulle vermoë om ons geestelik te laat wakker word. Hoe vreeslik sou dit wees as ek vandag sou hoor…. Ons het alles probeer. Ons gee haar nog een jaar kans. Die antwoord en keuse lê nie by die Vader en die Seun nie, maar by my. Ek moet kies, en wat ek kies sal bepaal of my boom tot eer van God sal lewe of nie.

Joh.15:8  Hierin is my Vader verheerlik, dat julle veel vrug dra; en julle sal my dissipels wees.

1 Kor. 6:20  Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort.

1 Kor. 10:31  Of julle dan eet of drink of enigiets doen, doen alles tot verheerliking van God.

GEBED vir VANDAG J

Onse Vader wat meer kan ons sê as baie dankie dat U so omgee, U genade is juis daar om ons te red. Wanneer ons lankal met onsself opgegee het, gee U ons weer en weer U genade deur U liefde wat ons nie verstaan nie.   Ons kom deur Jesus Christus  na U en bring aan U al die lof en Eer en heerlikheid. Ek bid spesiaal vir almal onder die letter J. Ek wil vra dat U vir daardie iets waarmee hulle vandag worstel, wonderbaarlike uitkoms sal gee. In Jesus se Naam Amen

Geseënde naweek, tot Maandag as ons gespaar bly

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 65 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *