Glo Hom 2

Dinsdag 17 Julie 2018Tema: Glo Hom 2

**** My eie woorde

**** Glo jy vandag dat dit wat jy nodig het, of dit wat jy vandag vir die Here vra…glo jy regtig Hy kan en sal dit vir jou gee, as dit die beste vir jou is. Wel dan sal dit vir jou so wees. Jy moet Jesus net onvoorwaardelik op Sy woord neem. Onthou net dit, dat die Here verder sien as ons. Ek gaan nie vir my klein kindjie ‘n skerp mes gee omdat hy van blink goedjies hou nie al soebat hy my. So weet die Here vandag wat is daar wat jy vra, maar Hy weet dat dit nie tot jou geestesgroei sal lei nie. Een ding het ek in my lewe geleer. Voordat ek nie by die plek kom waar ek my omstandighede, my situasie waarin ek is , in die Here aanvaar nie, verander die Here niks nie, want ek rebelleer teen Hom. Weens rebellie en onvergenoegdheid is Satan as engel sy plek in die hemel kwyt. Wanneer  jy by daardie plek kom waar jy sê: “Here ek verstaan dit nie, maar omdat U in beheer van my lewe is aanvaar ek dat wat ook al gebeur. U is God en in beheer. Ek weet U weet die beste” Eers dan sal jy beleef wat die Here regtig vir jou kan en sal doen.

Matt 9V28 Jesus het in die huis ingegaan, en die blindes het daar na Hom toe gekom. Hy vra toe vir hulle: “Glo julle dat Ek dit kan doen?” “Ja, Here,” antwoord hulle Hom.  V29 Toe raak Hy aan hulle oë en sê: “Wat julle glo, sal gebeur.”

GEBED vir VANDAG B

Onse Vader vanmôre aanvaar ons elke situasie goed of sleg in ons lewens, want ons weet U beoog net die beste vir ons. Ek bid vir elkeen onder die letter B. My Vader mag hulle opnuut vanmôre daardie oorgawe maak om op U te wag, want U weet die beste. Saam sê ons almal vanmôre, Laat U wil geskied en ons loof U en prys U daarvoor. In die kosbare Naam van ons Verlosser Jesus, God van die heelal vra ons dit. Amen

Geseënde daggie vir elkeen.

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 80 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *