Glo Hom 3

Woensdag 18 Julie  2018 Tema: Glo Hom 3

**** My eie woorde

*** Jairus se dogter van 12 is sterwend, hy gaan smeek Jesus om na sy huis te kom. Die skare verdring Jesus sodanig, dat die dogtertjie intussen dood is. Daar kom iemand van sy huis af om vir hom te sê sy dogter is reeds dood en hy kan nou maar ophou om Jesus lastig  te val. Toe Jesus dit hoor gee Hy ‘n besonderse antwoord …

Lukas 8V49 Terwyl Hy nog spreek, kom daar iemand van die owerste van die sinagoge se huis en sê vir hom: U dogter is dood, moenie die Meester lastig val nie.50  Maar toe Jesus dit hoor, antwoord Hy hom en sê: Moenie vrees nie. Glo net, en sy sal gered word.

*** Interessant Jesus sê nie sy sal gesond word nie, inteendeel  Hy sê iets soveel groter… dat sy gered sal word. Wat meer kan ek en jy van die HERE af vra as die redding van ons kinders. Tog was daar ‘n voorwaarde aan verbonde… Jairus moes GLO. Nou my ernstige vraag. Glo jy dat Christus jou kan red. Wat van al die goed wat so groot lyk in jou lewe? Dan is hierdie woord ook vir jou en my vanmôre “ Moenie vrees nie glo net en jy sal gered word” Onthou net die verskil is in Wie jy jy glo.

Matt.1:21  en sy sal ‘n seun baar, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos.

GEBED vir VANDAG

Onse Vader kosbaar is die woord dat ons U nie lastig val wanneer ons as sondaars voor U voete kom kniel nie. Vanmôre vra ek dat U elkeen wat vandag na U uitroep sal hoor en verhoor en hulle red vir U Koninkryk. Ek bid vir elkeen onder die letter C vandag. My Vader wil U hulle vul met Wysheid insig en genade en mag hulle bewus wees van U intense omgee en liefde. Ek vra dit in die kosbare Naam van Jesus Amen . Geseënde daggie verder

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 68 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *