Glo Hom 4

Donderdag 19 Julie  2018 Tema: Glo Hom 4

**** My eie woorde

****Vanoggend se woord is so ’n kosbare belofte. Dit maak nie saak wat my herkoms is nie, want dit sê dieselfde HERE is HERE van almal. Het iemand jou al teleurgestel? Natuurlik ons was al almal teleurgesteld. Maak vandag hierdie belofte aan jou hart vas. Niemand wat in Hom glo sal teleurgestel word nie. Beteken dit dat alles net in plek gaan val en die lewe gaan een wonderlike droom wees wat bewaarheid word. Glad nie, want ons sal een toets na die ander kry maar uiteindelik bly ons God in beheer en is Sy wil juis daar om ons voor te berei vir Sy Koninkryk. Dalk moet jy in jou situasie iets leer en daarom loop dinge skeef. Vra Hom HERE wat moet ek hieruit leer? So dikwels wanneer mense om voorbidding vra , bid ek eers dat hulle sal raaksien wat hulle moet leer uit hulle krisis en situasie anders moet hulle weer deur daardie les gaan vorentoe. Wat ’n wonderlike God wat soveel geduld en genade met ons het.

Romeine 10:11 Die Skrif sê tog: “Niemand wat in Hom glo, sal teleurgestel word nie.” V12 “Niemand nie!” Dit maak dus geen verskil of ‘n mens ‘n Jood of ‘n Griek is nie, want dieselfde Here is Here van almal, en Hy seën almal wat Hom aanroep, ryklik,  V13 want elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.

**** Hier is dit baie duidelik dat daar een voorwaarde is , ons moet Hom aanroep

GEBED vir VANDAG D

Onse ewige Hemelse Vader ons aanbid U Vader Seun en Heilige Gees. Hoe groot en wonderbaar is U genade liefde en sorg. Baie dankie dat U nie moed opgee met ons wat so maklik kan struikel in sonde nie. Ek bid vir elkeen onder die letter D. My Vader mag hulle vanoggend opnuut bewus word van U sterke hand van trou en sorg oor hulle. Wil U kragdadig ingryp in hulle nood en krisis en oplossings stuur vir die goed waarmee hulle worstel. In Jesus se Naam Amen

Geseënde daggie vir elkeen

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 60 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *